Julius Malema

Julius Malema
Julius Malema
Julius Malema in 2011

Ampsbekleër
Termynaanvang
Julie 2013
Voorafgegaan deur Nuwe amp

President van die ANC-jeugliga
Ampstermyn
April 2008 – April 2012
Vise Andile Lungisa, Ronald Lamola
Voorafgegaan deur Fikile Mbalula

Persoonlike besonderhede
Gebore 3 Maart 1981 (1981-03-03)
Seshego, Transvaal
Politieke party African National Congress (1990–2012)
Ekonomiese Vryheidsvegters (2013–hede)
Eggenoot/-note Mantwa Matlala (2017–hede)
Kind(ers) 1
Alma mater Universiteit van Suid-Afrika

Julius Sello Malema (* 3 Maart 1981 in Seshego (naby die huidige Polokwane)) is 'n Suid-Afrikaanse politieke figuur, en sedert Julie 2013 die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters. Hy was vanaf April 2008 tot April 2012 president van die ANC-jeugliga. As gevolg van sy omstrede uitlatings en toesprake word hy deur party mense as 'n "roekelose populis" beskryf. Hy het dikwels luidkeelse ondersteuning aan die African National Congress en president Jacob Zuma gegee. Zuma en die premier van die Limpopoprovinsie het al na Malema verwys as die toekomstige president van Suid-Afrika.[1]

In Mei 2010 is hy uit die ANC geskors en in September 2012 is hy aangekla van bedrog en geldwassery.[2] In Julie 2013 stig hy sy eie politieke party, die Ekonomiese Vryheidsvegters.[3][4] Hy is tans 'n lid van die Parlement (LP) en hy beskuldig Jacob Zuma en die ANC van korrupsie en die verraad van revolusionêre linkse beleid.[5][6]

  1. Bottle-feeding this young baby monster Juju Geargiveer 7 April 2010 op Wayback Machine, deur Fikile-Nstikelelo Moya in die Sowetan. 8 Maart 2010. Verkry op 15 Maart 2010.
  2. Staff (25 September 2012). "Charge sheet links Malema, businessman" (in Engels). IOL.co.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Oktober 2015. Besoek op 28 Maart 2013.
  3. Milton Nkosi (11 Julie 2013). "Julius Malema launches Economic Freedom Fighters group" (in Engels). Bbc.co.uk. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 November 2018. Besoek op 17 Augustus 2014.
  4. Stone, Setumo "Malema takes command of Economic Freedom Fighters". BDlive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2018. Besoek op 17 Augustus 2014.
  5. Zuma Critic Faces South Africa Charges, Wall Street Journal, http://online.wsj.com/article/SB10001424127887324020804578149142331646514.html?mod=googlenews_wsj 
  6. "Malema trial still going ahead" (in Engels). eNCA. 21 Junie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2019. Besoek op 17 Augustus 2013.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search